Javascript Menu by Deluxe-Menu.com
home sitemap search contact
23-7-2010 Succesverhalen Dantuma
Wederom heeft Dantuma een mooi succesverhaal mogen toevoegen! Om u een...
1-7-2010 Oranjespan laat groen spoor agter
2010-06-29 08:51
18-5-2010 Dantuma 2de in Zaalvoetbaltoernooi!
  Afgelopen vrijdag 7 mei was het zover: het derde Zaans Bedrijven Za...
26-4-2010 Organiseer jezelf!
  In deze groepstraining krijg je handvatten aangereikt om jouw werko...
15-3-2010 Samenwerkingsovereenkomst Dantuma en Beerepoot Automatisering
Dantuma en Beerepoot Automatisering zijn per 1 februari een samenwerki...

Oranjespan laat groen spoor agter

Datum: 1-7-2010
Auteur:



2010-06-29 08:51

“Afrika – een magisch groot continent waar vele reizende harten mee verbonden willen zijn.” Só praat die Nederlander Johan Roos oor die vasteland, skryf EBEN HUMAN.

Dis moeilik om te glo die Nederlandse sokkerentoe­sias Johan Roos kon van die Olimpiese stadion in Amsterdam deur Europa en daarna die lengte van Afrika tot in die Kaap ry in ’n piepklein Burton-sportmotortjie.
Die reis van meer as 19 000 km het al op 3 April in Nederland begin, maar hy en sy sokkermaats was betyds in Suid-Afrika vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Met hierdie poging het Roos vir die tweede keer in sy lewe aan die wêreld gesê: “Kom, mense, kom ons maak ons groen spoor groter.”

In 2006 het dié Nederlander met ’n voertuig wat met sonneblomolie aangedryf is, ook in Amsterdam weggespring en tot in Beijing in China gery.

 



Oranje vrag. Die Nederlanders gereed om die grens oor te steek van Egipte na Soedan.

 

Terwyl ons op Seinheuwel staan en op ’n helder wintersdag oor die Moederstad tuur, vertel die avonturier trots hoe lig sy voertuig op brandstof is.
Die tenk is net 20 liter groot en met ’n vol tenk kan hy 400 km aflê. Dit klink na net die soort voertuig waarvan duisende Suid-Afrikaners sou droom om elke dag mee na hul werksplek te ry.
Dit was Roos se eerste kennismaking met Afrika nadat hy hom by die De Oranje Camping Zuid-Afrika-toer aangesluit het.

 



Troostelose woestyn. Johan Roos (links) en Sander Ansems verken die Sahara op hul reis suidwaarts deur die vasteland.

 

 

Die groep van 600 sokkerliefhebbers het baie aandag getrek terwyl hul oranje konvooi van Kaïro suidwaarts deur Afrika beweeg het. Daar was natuurlik vele hoogtepunte.

“Ons het teen skemer tussen die piramides op ’n perderit gegaan,” vertel Roos van sy besoek aan Egipte, wat byna katastrofies geëindig het.

Een van die Burton se silinders het opgepak. Hy moes ’n nuwe enjin kry en daar is gereël dat dit na Addis Abeba gevlieg word.
Al die papierwerk om die enjin in die hande te kry, het vyf dae geduur. Van Ethiopië het hy egter gevoel hy is nou werklik in Afrika, het Roos vertel. Nog ’n hoogtepunt was ’n besoek aan die Serengeti in Tanzanië. Hier kon die Oranje­span hom behoorlik vergaap aan Afrika se ryk natuurlewe.

 


 

Kyk daar! Die mense van Afrika het hulle vergaap aan die oranje konvooi.

 


“Ons het ’n mannetjieleeu op ’n rots sien lê met tien wyfies. Ag, as ek maar een dag in my lewe ’n mannetjieleeu kon wees,” was Roos se versugting.
Die jolige Oranje-avonturiers het daarna ook by die Victoria-waterval uitgehang.
“Die Zambezi was in vloed. Daar het ’n wolk oor die valle gehang en ons kon byna niks van hom sien nie,” het Roos gesê.
Hierdie Nederlander is vergesel deur sy goeie vriend Sander Ansems, wat op sy 650cc-motorfiets saamgery het.
Roos het al baie geskryf oor sy epiese rit deur Afrika. Oor sy liefde vir reis druk hy hom so uit: “Noem mij een dromer, een fantast, een romanticus, een flierefluiter, een mislukking van de maatschappij, ik doe het met trots.”

Afrika was tot onlangs vir Roos ’n onbekende. Hy sê dit is waarskynlik juis wat die vasteland so aantreklik maak. Die enigste manier om meer te wete te kom, is om self te gaan kyk en te ontdek.

Vir hom is dit: “Een avontuur tussen leven en dood, armoe en rijkdom, onrecht en geluk. Ongrijpbaar, onbegrepen, maar als je er lang genoeg te gast bent een onuitwisbare indruk van de realiteit.”
Dan voeg hy by: “De verwachting van het ontdekken van deze kernemoties rond het leven geven mij een ongekend verlangen naar het echte Afrika.”
Van Seinheuwel wys ek en die fotograaf Basie van Zyl die twee Nederlanders waar die Kasteel geleë is. Hulle is verbaas om te hoor dat die oudste gebou in die beton-oerwoud aan hul voete deur Nederlanders gebou is.
Ja, vir ons nuwe Oranjevriende wag daar nog baie dinge om te ontdek terwyl hulle deur die land rits agter hul geliefde sokkerspan aan.
“Ons bly hier totdat Nederland die Wêreldbeker gewen het,” het hulle met groot oortuiging gesê.

- Besoek die webtuiste www.gz.nl om meer oor Roos se reis deur Afrika te lees.

 

 

Die natuurlewe kan jy in Afrika nog langs die hoofpad vind. Die Nederlanders bewonder ’n olifant in Botswana.